Groepmaatskappye
Capital Harvest het sedert 2010 verskeie besigheidsinisiatiewe geloods. Al hierdie inisiatiewe is gefokus op die uitbreiding van die Capital Harvest sakemodel.
Capespan Capital (Edms) Bpk
Besoek capespan capital webwerf
Gedurende 2011 het Capital Harvest in gesprek getree met Capespan Beperk, die grootste vrugte uitvoer- en logistieke groep in Suid-Afrika. Die Capespan groep het 'n wesenlike finansieringsblootstelling gehad as gevolg van produksielenings wat aan produsente toegestaan is. Die Capital Harvest besigheidsplan wat aan Capespan voorgelê is, het behels dat die totale produsente-debiteureboek oorgedra word na 'n nuwe maatskappy, Capespan Capital (Edms) Bpk (CC). Capespan en Capital Harvest sal dan die aandeelhouers wees van die nuwe maatskappy met Landbank as finansieringsvennoot. Die volle krediet- en debiteurebestuursfunksies sal dan uitgekontrakteer word aan Capital Harvest.
CC het op 1 November 2013 tot stand gekom.
Capital Harvest Emerging Farmer
Finance (Edms) Bpk
Dit is 'n onaanvegbare feit dat die sukses van toekomstige landbou in Suid-Afrika afhanklik is van die suksesvolle integrasie van die opkomende boer in kommersiële landbou. In Capital Harvest se oorspronklike besigheidsplan is ten doel gestel om 'n suksesvolle finansieringsmodel daar te stel vir die opkomende boer en Capital Harvest Emerging Farmer Finance (Edms) Bpk (CHEFF) is gestig om uitvoering te gee aan hierdie doelwit.
Nadat verskeie kwalifiserende opkomende boere geïdentifiseer is deur middel van bestaande Capital Harvest netwerke, is die Small Enterprise Finance Agency (SEFA) genader om die nodige finansieringslyne vir CHEFF te verskaf. Na afhandeling van SEFA se noulettendheidsondersoek het hulle 'n finansieringslyn vir CHEFF goedgekeur en op 15 Desember 2013 het CHEFF formeel tot stand gekom.