Oor Capital Harvest

Die konsep van Capital Harvest het reeds in 2004 ontstaan toe Faans Roos en Johan du Toit 'n finansieringsproduk vir uitvoervrugteboere begin ontwikkel het, waar slegs 'n sessie van oes geneem word as hoofsekuriteit vir die fasiliteit.

Na verskeie voorleggings aan potensiële kapitaalvennote kruis hulle paaie toe met AFGRI Limited, die grootste landbou-fokusgroep op die Johannesburgse effektebeurs. Die transaksie met AFGRI het behels dat die bestaande Wes-Kaap bedrywighede van AFGRI na 'n nuwe maatskappy, AFGRI Western Cape (Pty) Ltd h/a Capital Harvest, oorgedra sou word met bestuur en AFGRI as aandeelhouers. Met AFGRI as kapitaalvennoot was Capital Harvest in staat om, in plaas van net produksiefinansiering, alle finansiële produkte waaroor die kommersiële banke beskik, ook aan kliënte te bied. AFGRI Western Cape (Pty) Ltd h/a Capital Harvest open sy deure in Stellenbosch op 1 Junie 2007.

Die maatskappy het aanvanklik uit 5 personeellede bestaan en oor 'n debiteurboek van R70 miljoen beskik. Teen einde Februarie 2010 het Capital Harvest se personeel verdubbel en het die debiteureboek tot R420 miljoen gegroei.

Vroeg in 2009 neem AFGRI die uitvoerende besluit om sy sakebedrywighede te her-posisioneer. Die besluit is geneem dat die groep sal konsentreer op hul sleutelbelange: graan en graanverwante landbousake en alle nie-sleutel belange verkoop.

Dit was die geleentheid vir bestuur om die besigheid van AFGRI Western Cape (Pty) Ltd oor te koop van AFGRI in 'n nuwe maatskappy, Capital Harvest (Pty) Ltd. Die uitdaging was om 'n alternatiewe finansierder te kry om kredietlyne aan Capital Harvest te verskaf. Die Landbank is genader en gedurende Desember 2009 keur die Landbank 'n onafhanklike kredietlyn vir Capital Harvest goed.

Aan die hand hiervan kon bestuur met AFGRI onderhandel en gedurende Februarie 2010 word die kontrak met AFGRI gesluit vir die koop van die besigheid vanaf AFGRI Western Cape (Pty) Ltd. Die transaksie word op die Johannesburgse Effektebeurs se kennisgewingstelsel (JSE SENS) aangekondig met 1 Junie 2010 as die effektiewe datum.

Die transaksie sluit die oorneem van die debiteureboek, bates, personeel en laste in.

Terug

Capital Harvest

In Die Gemeenskap

Robela Family Trust

Sien Projek

Stellenbosch Community Development Programme

Sien Projek

Robela Family Trust

Die Robela familie besit 'n 27ha plaas buite Magaliesburg waar hulle met groente boer (hoofsaaklik in tonnels). Die plaas is laat in 2012 vernietig deur 'n veldbrand en aangesien die plaas nie verseker was nie, het die Robela familie hulle vermoë om inkomste te genereer, verloor.

Na meer as 14 maande van konstante, onsuksesvolle pogings by verskeie finansiële instellings om finansiering te bekom, was die Robela familie reg om die plaas te verkoop en op te gee op al hulle harde werk en drome om suksesvolle, kommersiële groenteboere te word.

Vroeg in 2014, kom die Robela familie te hore van Capital Harvest Emerging Farmer Finance ("CHEFF") en dien 'n versoek om finansiering in. Kort daarna lê die Capital Harvest span twee besoeke aan die plaas af en besef vinnig die potensiaal, nie net van die Robela familie nie, maar ook van die moontlikheid om die plaas te omskep in 'n suksesvolle, kommersiële eenheid. Deur middel van noue samewerking tussen CHEFF, die Robela familie en hulle mentors, DICLA Opleidingssentrum, is a gedetailleerde besigheidsplan, om die infrastruktuur op die plaas te herstel en die plaas weer in 'n winsgewende groenteboerdery te omskep, gefinaliseer. Wentelkredietfinansiering vir die nodige kapitaalspandering en produksie-insette vir 12 maande is goedgekeur en op 29 Mei 2014 is die transaksie tussen CHEFF en die Robela Family Trust gesluit.

As deel van Capital Harvest se verbintenis tot die sukses van opkomende boere in Suid-Afrika, het Capital Harvest 'n Ford Ranger 2.2 TDCi geborg om die Robela familie van broodnodige vervoer te voorsien.

Maak Projek Toe

Stellenbosch Community Development Programme

Die Stellenbosch Community Development Programme (SCDP) is 'n nie-winsgewende, openbare-voordeel organisasie wat deur donansies befonds word. Dit is gebaseer in Kayamandi, 'n buite-stedelike area waar die meerderheid van inwonders (30 000) na werk kom soek. Meeste leef in informele strukture en in erge armoede. Dit, gekoppel met 'n hoë voorkoms van ongeletterheid en HIV/VIGS, maak van Kayamandi 'n gemeenskap desperaat vir hulp.

Die SCDP verskaf daagliks kos aan ondervoede kinders van Kayamandi — soveel as 1 800 kinders ontvang elke dag ‘n maaltyd. Die program is ook daarop gemik om mentorskap ten opsigte van ‘n volhoubare lewensstyl aan families te verskaf, met verskeie kursusse wat daarop gemik is om kundigheid oor te dra aan werklose inwoners. As deel van van die program, is kospakkies ‘n ondersteunende intervensie vir 6 maande terwyl ma’s/pa’s die nodige kundigheid ontwikkel om gemeenskapsgebaseerde besigheide te begin en/of werk in die formele sektor te bekom. Capital Harvest dra finansieël by tot die SCDP as deel van ons belegging in die Stellenbosch gemeenskap.

Maak Projek Toe