Ons Span
Raad van Direkteure

Elias
Masilela
Uitvoerende voorsitter
BA Sosiale Wetenskappe (Universiteit van Swaziland)
M Wetenskappe in Ekonomiese Beleid en Ontleding (A.A.U.)
Elias Masilela word nie net geag een van die mees gerespekteerde besigheidsmense in Suid-Afrika nie, maar sy loopbaan, na afloop van sy studies, het hom deur instansies soos die Sentrale Bank van Swaziland, die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika, Sanlam asook die Openbare Beleggings Korporasie geneem. Hy het op verskeie rade van strategiese instellings, wat insluit die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank, die Airports Company of South Africa en die Pensioenfonds van die Regering, gedien. Tans is hy ‘n raadslid van Multichoice, Alternative Prosperity en voorsitter van die V&A Waterfront asook van Kalafong Hospitaal. Hy dien ook as uitvoerende voorsitter van DNA Economics en is onlangs heraangestel tot die Nasionale Beplanningskommissie. Elias het verskeie kursusse in bestuur en ekonomie aan die Universiteit van Harvard voltooi, lesings aangebied, geskryf en wyd gepubliseer. Sy grootste mylpaal as skrywer het letterlik die geskiedenis van die Koningkryk van Swaziland herskryf en ‘n nuwe en interessante perspektief geplaas op Suid-Afrika se vryheidstryd. Die titel van die boek is “Number 43 Trelawney Park; kwaMagogo? en het wye erkenning ontvang. Elias is al sedert 2015 nie-amptelik deel van Capital Harvest, maar het op 1 Junie 2016 amptelik as SEB-vennoot aangesluit en dien as uitvoerende voorsitter.

Piet
Krynauw
Nie-uitvoerende voorsitter
B.Comm, Hons (B&A), MBA (Stellenbosch)
Kort nadat Piet sy graad aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi in 1967 begin hy sy bankloopbaan by Boland Bank. Oor die volgende 30 jaar bekleë Piet verskeie senior bestuursposisies wat tesourie, krediet en bemarking insluit. Gedurende hierdie tyd dien hy vir 10 jaar op die uitvoerende bestuur van die bank waarvan 3 jaar as uitvoerende direkteur is. Van 2000 tot 2002 tree Piet as bestuurskonsultant vir BoE Bank op en van 2003 tot 2005 as herstruktureringskonsultant vir Nedbank (wat BoE Bank in 2003 oorgeneem het). In 2006 stig Piet die finansierings- en projekbestuur konsultasiebesigheid, Investa Finance, waarvan hy sedertdien as uitvoerende hoof optree. Piet sluit in 2010 as nie-uitvoerende direkteur by Capital Harvest aan. Van Junie 2011 tot Mei 2016 dien hy as nie-uitvoerende voorsitter en op 1 Junie 2016 word Piet aangestel as voorsitter van die kredietkomitee.

Johan
du Toit
Gesamentlike Uitvoerende Hoof (Bedryf)
B.Comm (Landbou ekonomie), Hons B&A, MBA (Stellenbosch)
Na voltooiing van sy graad aan die Universiteit van Stellenbosch in 1994 word Johan aangestel as algemene bestuurder van ‘n 600ha appelplaas in die Langkloof. Oor die volgende 6 jaar doen hy waardevolle praktiese landbou kennis op. Hy sluit in Mei 2000 by BoE Bank as verhoudingsbestuurder aan, en word binne ’n jaar aangestel as die bedryfshoof van die Helderberg area, met ‘n kliënte-portefeulje van R600 miljoen onder sy bestuur. Johan verlaat Nedbank (BoE Bank is in 2003 deur Nedbank oorgeneem) in April van 2004 en tree tussen 2004 en 2006 as onafhanklike landboukonsultant op waartydens hy onder andere as uitvoerende hoof van Groot Winterhoek Koelkamers optree asook as Wes- Kaap direkteur vir die JEB-genoteerde maatskappy Santova (toe Spectrum Shipping Limited). In Oktober 2006 bring hy en Faans Roos Capital Harvest tot stand.

Faans
Roos
Gesamentlike Uitvoerende Hoof (Finansies)
B.Rek (Hons) (Stellenbosch), GR (SA), CFP
Na voltooiing van sy honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch in 1993, begin Faans sy klerkskap by die internasionale ouditfirma Ernst & Young. Hy verwerf sy GR (SA) kwalifikasie gedurende Maart 1994. Na voltooiing van sy klerkskap en 'n tydperk as ouditbestuurder word Faans gedurende 1999 as hoof van krediet vir die Helderberg area by BoE Bank aangestel met ‘n kliënte-portefeulje van R500 miljoen onder sy kredietbestuur. Hy word in Oktober 2000 aangestel as krediethoof van beide die Helderberg en Stellenbosch areas met ‘n kliënte-portefeulje wat groei tot R1 miljard. Met die oorname van BoE Bank deur Nedbank in 2003 word Faans aangestel as streekkrediethoof vir die Wynlandstreek met 'n kliënte-portefeulje van R2.5 miljard onder sy kredietbestuur. Hiervan was R1 miljard primêre en sekondêre landbou-kliënte. In Oktober 2006 bring hy en Johan du Toit Capital Harvest tot stand.

Christiaan
Buys
Direkteur: Risikobestuur
BsC (Wiskunde) (Stellenbosch)
Na voltooiing van sy graad aan die Universiteit van Stellenbosch in 1993 spandeer Christiaan 2 jaar by die Department Grond en Landbou Produkte as navorsingsassistent. Na ‘n kort tydperk in Engeland begin hy sy bankloopbaan in 1996 by Boland Bank (Natal) as ‘n kredietanalis. Hy word in 1998 verplaas na Somerset-Wes en word in 1999 aangestel as risikohoof van BoE Bank vir die Helderberg en Stellenbosch area. Met Nedbank se oorname van BoE Bank in 2003 word hy aangestel as area krediethoof van die Stellenbosch area met ‘n kliënte- portefeulje van R1.3 miljard onder sy kredietbestuur. RMB Privaatbank nader vir Christiaan gedurende 2006 en hy begin op 1 September 2006 as krediethoof van hulle Nuweland en Tygervallei kantore. In 2008 word hy aangestel as RMB Privaatbank se krediethoof vir die Wes-Kaap en Natal met ‘n kliënte-portefeulje van R3 miljard onder sy kredietbestuur. Hy sluit in 2010 as Direkteur: Risikobestuur by Capital Harvest aan.

Derek Maas
Capespan Capital: Produksie leningsbestuurder

Ferdie Gertze
Besigheidsbestuurder

Susan Pentz
Kredietbestuurder

Tanya van Rooi
Kredietbestuurder

Rika van Staden
Krediet-analis

Johan Macholi
Kredietrisiko-analis

Nadine Solomons
Krediet-analis

Vivien van der Merwe
Finansiële Bestuurder

Marinda Huysamen
Sekuriteit-nakomingsbestuurder

Jo-ann Louw
Sekuriteit-nakomingsbeampte

Chantal Kirsten
Junior sekuriteitsnakomingsbeampte

Miquette Meyer
Interne Ouditeur en Administratiewe Bestuurder

Mareé Nortjé
Persoonlike Assistent vir uitvoerende hoofde en Administratiewe Beampte

Abigail Rhoda
Ontvangsdame

Izak Strauss
Krediet-analis

Celeste Bester
Krediet-analis